

Opleiding is van kardinale belang en met die regte versorgers kan kwaliteit diens verskaf word. Opleiding van versorgers in Afrikaans word van tyd tot tyd aangebied om meer versorgers op te lei asook die praktiese ondervinding/aanwending te bied by Huis Lekkerbly Bejaardesorg. Die omvattende volledige opleidingskursus word deur selektiewe verpleegsters aangebied in Stilbaai en Bredasdorp aan belangstellendes. Addisionele modules oor voeding en meer holistiese omvattende sorg en opvolg opleiding word ook beplan. Opleiding is primer vir bejaardesorg, maar kan ook toegepas word vir alle persone met siekte toestande soos kanker, diabetes en dienste lewer in gesondheidssentrums waar die versorgers as nie-mediese-personeel onder die toesig van `n verpleegkundige werk.
