
KORTTERMYN VERBLYF
- Dagsorg
- Na- operatiewesorg
- Versorg u `n bejaarde of gestremde tuis en het self nooit `n wegbreek kans nie? U kan hom of haar by ons bespreek, vir `n naweek of self langer, terwyl u weggaan.
- Persoonlike Kwaliteit Diens!
LANGTERMYN VERBLYF
-
Gemaklike huislike omgewing
-
Drie gebalanseerde etes per dag
-
Wasgoed
-
24-Uur Hulp & Toesig
-
Bestuur deur Verpleegkundige
-
Maksimum Inwonders: 10-15
Nou ook `n Tuisversorging Diens beskikbaar in Stilbaai omgewing- Kontak ons gerus vir u behoeftes en vir `n evaluasie van die persoon om `n kwotasie te voorsien! (Hierdie diens sal ook binnekort in die Kaap Agulhas omgewing beskikbaar wees)
Alle hulp, finasiele of ander hulp word deurentheid benodig en sal hoog op prys gestel word om te verseker dat die organisasie volhoubare kwaliteit diens kan lewer.
Donasies kan direk aan die organisasie gemaak word, gedeelte van `n polis kan bemaak word, en bydraes kan ook in die boedel ingewerk word om Huis Lekkerbly Bejaardesorg NPC te ondersteun. U sal ook binnekort `n Artikel 18A Sertifikaat kan ontvang vir belastingdoeleindes vir geldelike skenkings/donasies wat gemaak word aan Huis Lekkerbly Bejaardesorg NPC. Kontak ons gerus indien u van die dienste wil gebruik maak vir uself of u ouers.
